Kissmas in Mosambiek

R80.00
Out of stock
SKU
11530
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Twee broers. ’n Voëltrip. Die voorbode. Twee en twintig dae oorlewing… Kissmas in Mosambiek is die boeiende verhaal van twee broers, die kaartevrou se voorbode en ’n onvergeetlike avontuur op soek na daardie enkele rare en unieke voëls. Nooit het hulle besef dat hierdie Afrikatrip sou verander in twee en twintig dae oorlewingstryd nie … …en sou eindig in Good Luck Safari - ’n ontdekkingsreis vol belonings en beauty. Die skrywer skryf in ’n gemaklike vertelstyl wat die leser vanaf die eerste bladsy boei, maar ook kort-kort tot introspeksie bring. Met die lees van die boek word ’n mens se lewe weer in oënskou geneem. Kissmas in Mosambiek is ’n moet-lees vir elke Suid-Afrikaner wat in negatiwiteit en pessimisme verval het en beswaarlik daagliks iets positiefs ervaar. Johan Lötter, teoloog, kunstenaar, skrywer, natuurliefhebber en bekende voëlkenner is ’n mens wat sin vind in die goed (goed of sleg) wat met ’n mens gebeur. Hy is belese en berese, maar ver van voltooid af daarom skep hy. As dit nie met pastel is nie, dan op papier. Hy het in 1991 begin om wilde voëls te kyk en dit het hom geleer dat skoonheid die nuuskierige soeke is na dit wat elke dag om ons is. Na agtien jaar het Johan 1300 voëls in die wêreld gesien.
More view

You have no items in your shopping cart