Krokodil Aan My Skouer: Stoffel Toe en Nou

R70.00
Out of stock
SKU
20550
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Krokodil aan my skouer is Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vroeë vormingsjare. In al sy boeke sedert Die lang pad van Stoffel Mathysen (1998) het lesers hom leer ken deur sy Stoffel Mathysen-persona. Vandag is hy bekend as 'n gesogte safarigids en gerespekteerde natuurbewaarder, maar mense onthou hom steeds as die man wie se arm in die Krugerwildtuin deur 'n krokodil afgebyt is - 'n gebeurtenis wat sy lewe verander het. Vir die eerste maal vertel Stoffel ook die volle verhaal van sy jaar grensdiens in die Wes-Caprivi en ontbloot so 'n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. En onomwonde kondig hy sy nuwe oorlog aan: die stryd teen renosterstropery in Damaraland. Bakkes se skryfstyl vol ironie en lakonieke humor bly 'n plesier, maar dis veral sy eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so 'n gewilde skrywer maak.
More view