Lugkasteel

R95.00
Out of stock
SKU
23301
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Na haar avonture in Engeland as versorger van ‘n ou dame (waarvan sy in Sabbatsreis vertel), was Annelie Botes se lus vir ‘n ander wêreld nog nie gestil nie. Vol drome reageer sy op ‘n advertensie om vier seuntjies van adellike herkoms op te pas. In haar geestesoog sien sy haarself al, ‘n Maria in The Sound of Music wat die harte van die hele gesin verower en die liefde laat seëvier. Die werklikheid laat egter haar lugkasteel verdamp. Sy is eerder ‘n Aspoestertjie in ‘n kasteel wat in ‘n Dracula-storie tuishoort. In haar plat-op-die-aarde-trant vertel sy van die totaal onhebbelike kinders wat sy moet oppas, die spoke in haar kamer, koue, eensaamheid en verhongering. Net haar hardkoppige Afrikaner-streep laat haar vasbyt. Haar vermaaklike verteltrant en soms skokkende eerlikheid verseker dat die leser ‘n opwindende reis met haar meemaak. *Name and date in black ink on first free page; corners very slightly bumped.*
More view

You have no items in your shopping cart