Our website stores cookies on your computer. These cookies are used to collect information about how you use our website and allow the website to remember you. We only use this information to improve your browsing experience and for analytics and metrics about our visitors on this website. To find out more about the cookies we use, please see our Cookie and Privacy Policy.
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.
"As Dana ná besoeke aan Orania, sy ouma-hulle se erf, Adriaan Vlok (met sy voetwasskottel) en Manji van Nkandla huis toe ry, is dit met 'n nuwe manier van kyk - en 'n nuwe hond. Die verhaal neem sy loop deur die Rugby Wêreldbeker, ontmoetings met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen en 'n enigmatiese Valentynsboodskap. Op pad is Dana se eerlikste boek nog. Dit vra ons om op 'n nuwe reis te gaan, weg van vooroordeel en wantroue, na 'n plek van genade en hoop."--Page 4 of cover.