Die Keiservoël oor Namaland

R125.00
Out of stock
SKU
35473
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
In 1939 het die grootste tragedie van die twintigste eeu, Duitsland se Jodeslagting, begin. Die waarheid is dat die saad vir Ausschwitz, Buchenwald en Dachau se strafkampe en menseslagtings reeds drie-en-dertig jaar tevore gestort is op die koue rotse van 'n klein eilandjie in die hawe van Lüderitz in die suide van Namaland, Duits-Suidwes-Afrika, nou Namibië." (Oriëntasie: begin van die boek)In 1906, terwyl die Namas teen die Duitse Schutztruppe ver, arriveer die Luchtensteins, 'n immigrante-gesin, in Lüderitzbucht se hawe. Hulle vertrek per ossewa na 'n nuwe tuiste, driehonderd kilometer die binneland in. Voor wag die warm, bedrieglike sand van die Namibwoestyn; die dors, hitte, koue, woedende wind, wildediere en die vyand.'n Namakommando gelei deur Cornelius Fredericks, skoonseun van Hendrik Witbooi, oorval hulle, maar Cornelius laat hulle veilig wegkom, net om self in die hande van sy teenstanders te val. 'n Band onstaan tussen die jong Ernst Luchtenstein en die gevanage Namakaptein, Cornelius Fredericks.
More view

You have no items in your shopping cart