Selling online since 2008!

Welcome to BooksAgain!

Boereoorlogstories 2: 32 Verhale oor die Oorlog van 1899-1902

BookBucks Review and collect 20 points.
Die Anglo-Boereoorlog van 1899–1902 is helderder as ooit in die Afrikaanse leser se geheue. Verkope van die eerste bundel, getitel Boereoorlogstories, het alle verwagting oorskry en het reeds ’n tweede druk van die tweede uitgawe daarvan genoodsaak. In Boereoorlogstories 2 tree ook jonger skrywers tot die gesprek toe, onder andere Christine Barkhuizen Le Roux, Jaco Fouché en Gerda Taljaard. Die verhale van lyding en opoffering wat die eerste bundel gekenmerk het, word in die tweede bundel verbreed met ’n skerper blik op verraad.
Sign up for price alert
Only 1 left

Availability: In stock

ZAR120.00

Details

In Boereoorlogstories 2 tree ook jonger skrywers tot die gesprek toe, onder andere Christine Barkhuizen Le Roux, Jaco Fouché en Gerda Taljaard. Die verhale van lyding en opoffering wat die eerste bundel gekenmerk het, word in die tweede bundel verbreed met ’n skerper blik op verraad. Die joiner en hensopper kom as uitgeworpene onder die soeklig (“Die groot gemis”, Dolf van Coller) maar ook as feilbare mens in vertwyfeling (“Was Oupa dapper?”, Lappe Laubscher; “Groete daar op Voorstevlei”, Jaco Fouché.) Die verkwikking van humor oor ernstige sake bly nie uit nie. Ook is daar erkenning vir die feit dat alle soldate van die Britse Ryk nie demone was nie (“Eenmaal was daar ’n goeie man”, Marita van Aswegen). En die Boer Gideon Scheepers – vir die Britse Ryk ’n rebel wat teregstelling verdien het vir sy verraad jeens sy regering – word geteken in sy barmhartigheid jeens ’n Engelse vrou op die platteland. Só belig hierdie tweede bundel ’n nog wyer spektrum as die eerste in sterk verhale en ’n idioom wat die tydperk van die Anglo-Boereoorlog lewend hou: vir lesers met ’n voorkeur vir historiese verhale, maar ook vir enige leser wat die kortverhaalkuns waardeer. *Name and date on first free page; neatly covered in clear sticky plastic.*

Additional Info

Author Jeanette Ferreira (Samesteller)
Publisher Tafelberg
Place Cape Town
Year 2012
ISBN 9780624054337
Binding Paperback
Condition Very Good
Comments Name and date on first free page; neatly covered in clear sticky plastic.

Write Your Own Review

Only registered users can write reviews. Please, log in or register

Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.