Boererate

R160.00
Out of stock
SKU
24985
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Boererate – ‘n Mens wonder waar en wanneer die oorsprong. Is die Boer die plattelander of is die woord sinnebeeldig van die Afrikaanssprekende, hetsy dorpenaar of plaasboer? Spel jy dit met ‘n hoofletter dan is dit die Afrikaanssprekende. In party woordeboeke word die woord “Boererate” nie gevind nie, maar wel “Boeremiddele”. ‘n Middel is immers aanduidend van ‘n voorskrif, terwyl rate liewer die indruk skep van oorlei wing.

Daar is meer romanse in die woord “rate” as in “middele”. Oorlewing is gebore uit hoorsê, observasie, ondervinding, mite, geloof en die magiese. Die oermens het gou kennis gemaak met beserings en wonde, diê was die gevolg van fisieke, tasbare elemente. Siektes was onverklaarbaar, die oorsaak die onaantasbare. Maar vroë mens het by die dieresamelewing gesien en geleer en moontlik so ‘n titseltjie eksperimentasie bygevoeg — as pylgif kon gemaak word, was daar dan ook nie die nodige vir natuurfarmasie nie?

So het die Grieke honderde jare voor Christus plantegroei ingedeel in medisinale en nie-medisinale spesies, en tot onlangs moes die mediese student nog plantkunde as ‘n eerstejaarvak neem. Maar die misterie van siekte roep die onbekende op, en die oorsaak word gesoek by besoeke van die ongewenste. Vandaar die genese deur gepaardgaande rituele. Maar ook nie altyd nie — die boervroumoeder met konsentrasiekamp-ondervinding moes haar kind se witseerkeel diagnoseer en behandel met dit wat sy ken: stoom, en die nog warm linkerwolkous om die nek. Sy het nog nie geweet van serum nie, waar die stadsvroumoeder die dokter byderhand het, en nooit daardie soort wroeging hoef mee te maak nie.

Ons het hier met sowel die etniese as die geografiese Boer te make. Die misterie van juis die linker-wolkous is moontlik dat van die min kinders wat die siekte oorleef het in die kamp so behandel is. Warm, vars afgeslagte katvel vir maagvliesontsteking het die strelende effek van hitte en kan ook die kwaad uittrek. En hoekom kat? Diê is mos volop op ‘n plaas, teel vinnig aan en is ontbeerlik!

Die boekstaaf wat so eie is van ons nasie moet vir die nageslag bewaar word en ons is dankbaar vir Danie Smuts dat hy hierdie belangrike saak sy verantwoordelikheid gemaak het.

More Information
AuthorDanie Smuts
PublisherPenguin Books
PlaceJohannesburg
Year2018-04-19
ISBN9780143539216
BindingHardcover
ConditionVery Good
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.