Boereverraaier: Teregstellings Tydens die Anglo-Boereoorlog

R140.00
Out of stock
SKU
20937
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Tydens die Anglo-Boereoorlog was dit nie net Boer teen Brit nie, maar ook Boer teen Boer. Etlike burgers van die Boere-republieke het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander inligting oor die Boeremagte aan die vyand verskaf het.

Die straf vir dié verraad? Die dood.

In een geval moes kommandolede van hul voormalige makkers teregstel, terwyl vier broers van Wakkerstroom wat die wapen opgeneem het teen die Boeremagte almal op dieselfde dag gefusilleer is.

Albert Blake het argiewe gefynkam, vergete grafstene gevind en die nageslag van tereggesteldes opgespoor om vas te stel hoe diep die verskynsel van verraad die Afrikaner geraak het. Hy het selfs afgekom op teregstellings wat nie vantevore al opgeteken is nie.

Hy haal uit dagboeke en veldverslae aan om die teregstellings dramaties te herskep. Blake ontbloot hoe Boereverraad tydens die dekades van Afrikaner-nasionalisme onder die mat gevee is, maar ook hoe dit tot in die 20ste eeu nog by Afrikaners gespook het.

More view

You have no items in your shopping cart