Selling online since 2008!

Welcome to BooksAgain!

Die Doelgerigte Lewe (Hersiene, Uitgebreide Uitgawe Met Twee Nuwe Hoofstukke)

BookBucks Review and collect 20 points.
Die mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren le die antwoord by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die aarde geplaas het. Die doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep het. Deur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen. Hierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier?
Sign up for price alert
Only 1 left

Availability: In stock

ZAR55.00

Details

Die mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren le die antwoord by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die aarde geplaas het. Die doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep het. Deur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen: Ons is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom opreg te aanbid; Ons is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om opregte sielsgemeenskap te ervaar; Ons is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is om opregte dissipelskap te leer; Ons is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte bediening te beoefen; Ons is gemaak vir ’n sending: Jou vyfde doel is om opregte Evangelieprediking uit te leef. Hierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap van Rick Warren, stigterspastor van Saddleback Church. Die boek is in ’n boeiende styl geskryf en in 42 kort hoofstukke (ses weke) ingedeel wat as dagstukkies gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan word.

Additional Info

Author Richard Warren
Publisher Struik Christian Media
Place Cape Town
Year 2015
ISBN 9781415333488
Binding Paperback
Condition Very Good

Write Your Own Review

Only registered users can write reviews. Please, log in or register

Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.