Die Klein Karoo 'n Legkaart

R188.00
Out of stock
SKU
35919
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Woord en beeld smelt soms saam om resonansie aan mekaar te gee. Dan begin landskappe en bergtoppe sing, verweerde oppervlakke van mure en ou huise praat; dan ontlok name beeltenisse, of roerlose gesig- te vertel van 'n landstreek en sy mense. Dit is wat in Die Klein Karoo gebeur. Met stukkies woord en beeld, skeppinge van twee vakmanne, kan die leser kyk en luister, en dan self die legkaart voltooi van 'n besonderse streek - die Klein Karoo. Paul Alberts het met die oog van sy kamera gevoel aan teksture, gegly oor heuwelrûens en koringlande, gesig- te geskilder, stemminge weergegee. Abraham de Vries, woordkunstenaar en verteller by uitnemendheid, het sy liefling wêreld bevolk met name van mense, berge en dorpe, legendariese gestaltes laat herlewe, of eenvoudig die hede laat praat deur dié kontrei se gebore rympie makers en storie vertellers. Die Klein Karoo verteenwoordig twee heel persoonlike sieninge van 'n landstreek. Maar só duidelik weerklink woord en beeld hier in mekaar dat dit eindelik één stem is wat die leser bybly - dié van die Klein Karoo.

More view

You have no items in your shopping cart