Our website stores cookies on your computer. These cookies are used to collect information about how you use our website and allow the website to remember you. We only use this information to improve your browsing experience and for analytics and metrics about our visitors on this website. To find out more about the cookies we use, please see our Cookie and Privacy Policy.
Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Die leser sien deur Van Aardt se oë. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde?
In die agterkamer van 'n plattelandse dokterspraktyk lê 'n polisieman ylend van die koors. Kort-kort maak die dokter hom van sy pasiënte los om na die koorsige man om te sien. Dit is dan dat hy die logge man se deliriese geswymel aanhoor. Wat sê hy? Wie is hierdie sidderende homp vlees? Die dokter se verbeelding neem die loop. En langs die verbeelding lê die fantasie. En langs die fantasie lê die vrees.