Droomland

Out of stock
SKU
23861
R70.00
Quick Overview

Ruby se pynlikste begeerte is om te weet wie haar pa was – of is. Nóg haar loopbaan as loopplankmodel, nóg haar gesogte modereeks kan vergoed vir hierdie leegheid in haar lewe. Of dit die oorsaak van haar slaaplopery is, weet sy nie maar toe haar ma sterf, neem sy hierdie geheim saam met haar graf toe. Ná haar ma se begrafnis vlam die hoop egter onverwags op. Sy moet die welmenende raad van die dorp se gehate ou sedeprediker verduur en haar ma se prokureur oorhandig ’n juwelekissie met ’n sleutel aan haar. En toe ’n jeugkennis weer sy verskyning maak, weet Ruby hierdie man bedreig haar goed bewaarde hart. Dit is ook hy wat haar oortuig om elke leidraad wat sy nou gekry het op te volg en nie nee vir ’n antwoord te neem nie. Maar elke paadjie waarop sy haar begeef, lei na ’n doodloopstraat. Monsters wat mens uit die verlede gaan haal, moes dalk gebly het waar hulle was – die hede is al wat jy eintlik het en jy moet daarmee woeker.

Login to earn BookBucks for sharing!
Wanneer Ruby Swart se ma onverwags sterf, is sy meer as ooit vasbeslote om uit te vind wie haar biologiese pa is. Al is dit net om vir die man wat haar ma as matriekmeisie in die steek gelaat het en nooit sy dogter se bestaan erken het nie te sê hoe sy hom verag. Met harde werk en verbete wilskrag het Ruby Swart vir haar 'n lewe gebou. Eers as internasionale model en deesdae as sakevrou met haar eie Black Ruby- klerereeks en boetiek in die Kaapse Waterfront. Maar sy sal nooit volledig mens voel terwyl vyftig persent van haar genepoel 'n raaisel is en die gevoel van verwerping soos 'n meulsteen om haar nek hang nie. In haar soeke na die waarheid kruis haar pad met twee mans s'n: Die konserwatiewe dokter Joshua Durant wat haar ma se vertroueling was en Ruby vermoed meer omtrent haar ma se verlede weet as wat hy laat deurskemer. En Vincent Boonzaaier, haar oorlede ma se enigmatiese buurman wat rillers vir die internasionale mark skryf en 'n kluisenaarsbestaan op die klein Bolandse dorpie voer. Reeds met die eerste oogopslag voel Ruby 'n geweldige aantrekkingskrag vir hom. Asof haar lyf en psige hierdie vreemdeling op 'n primitiewe vlak herken. In haar soeke wat van Eden, haar geboortedorp na Londen lei, begin Ruby besef dat onskuldige mense dalk kan seerkry. Moet sommige geheime nie eerder geheime bly nie? is 'n vraag waarmee sy begin worstel. Hoewel haar gevoelens vir Vince verdiep, moet sy die waarheid in die gesig staar: 'n Vrou kan nie teen 'n man se gewete vir sy liefde baklei nie.
More Information
AuthorVita du Preez
PublisherLapa Uitgewers
PlacePretoria
Year2016
ISBN9780799379440
BindingPaperback
ConditionGood
CommentsIndication of a fold on front cover.
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.