Ettie Bierman: Keur 9
Die tuiskoms lê ver
Toe Ila Verster op Nelspruit van die trein afklim, is dokter Johan Retief die eerste man wat sy ontmoet. Hy bied aan om haar swaar tas te dra, maar sy sê sy sal regkom, en op hierdie oomblik weet sy nie watter groot rol dokter Retief nog in haar lewe sal speel nie.
Sy hoor iemand roep: “Daniela!” en swaai verskrik om. Dit is Martin Niehaus en hy sê onvriendelik: “Jou geheue is kort, liefste. Het jy vergeet ek wil jou nie op Rietendal hê nie?”
Dit blyk dat hy haar aansien vir sy stiefsuster op wie hy verlief was. Sy is bang vir hom en sy gee vinnig pad van die bewegende trein. Martin sê sy lyk presies net soos Daniela, maar sy slaag daarin om hom te oortuig dat sy nie Daniela is nie en hy doen ’n voorstel aan haar. Dit beteken dat sy Rietendal toe moet gaan, waar Daniela se pa al vyf jaar lank wag op sy dogter se terugkoms. Martin se aanbod sal vir haar baie geld in die sak bring, maar dit veroorsaak ook dat dokter Johan Retief haar verag en dít maak seer, want sy het intussen op hom verlief geraak.
Hoe kan sy Johan oortuig dat sy opreg is en dat sy nie regtig van plan is om te doen wat Martin van haar verwag nie?
Dokter Retief wil egter niks met haar te doen hê nie, al vertel sy hom wie sy werklik is en waarom sy Martin se aanbod aanvaar het. Op die ou end bevind sy haar in lewensgevaarlike omstandighede.
Rooikop te koop
Die rooikop-kunstenares Jennie Botha se lewe verander eensklaps toe sy haar ouers in ’n motorongeluk verloor. Skielik bly sy alleen agter in die imposante grasdakhuis op ’n kleinhoewe saam met haar drie blinkoog-bulterriërs, hanslam, katte, hoenders, ganse en eende.
Haar vriend Thys, ’n belowende argitek, dring daarop aan dat sy die huis verkoop sodat hy vir haar ’n modern huis in die stad kan bou sodra hulle eers getroud is. Thys hou nie van diere nie en ook nie van tuinmaak nie. Verder is die kleinhoewe te ver van alles af; te ver van sy kantoor, kliënte, kollegas en die teater . . . Hy is pynlik netjies en verkies eintlik blondines – vroulike meisies in rokke, kouse en hoëhakskoene.
Jennie maak kennis met Roux van Zyl, ’n voornemende koper vir die huis. Hy is presies die teenoorgestelde van Thys: hy het deurmekaar hare en ’n halfdag oue stoppelbaard; hy wil graag die honde afrig en hou van rooikoppe in kakiebroeke en verfbesmeerde oorhangtruie. Hoewel Jennie en Roux aanvanklik nie stryk nie, leer hulle mekaar geleidelik beter ken en voel sy baie aangetrokke tot hom.
Die sprankelende, genotvolle verhaal van ’n grasdakhuis en sy rooikop-eienares, en van die bittersoet spel van die liefde.
Ver pad na Königsee
Die pragtige Ezette Nel met haar blink, swart hare en besonderse turkoois oë, is ’n Afrikaans-onderwyseres by ’n hoërskool. Hoewel die skool se druk buitemuurse program baie van haar tyd in beslag neem, het sy twee groot voorliefdes: sy is hartstogtelik lief vir diere en sy wil baie graag nog ’n hele string boeke skryf.
Haar amper-verloofde, Charl Myburgh, is ’n LO-onderwyser en ’n plesiersoeker wat veel eerder rondrits as om rustig tuis te bly. Ezette het hom lief en geniet sy geselskap, maar tog wonder sy soms: Is hulle regtig geesgenote?
Dan ontmoet sy Derek Myburgh, Charl se ouer broer wat ’n veearts is en toevallig haar twee groot voorliefdes deel. Tot Ezette se groot ontsteltenis voel sy dadelik baie aangetrokke tot hom en is hy vir haar byna onweerstaanbaar aantreklik . . .
Maar sy vind gou uit dat sy nie net moet rekening hou met haar kloppende hart nie, maar ook met haar naderende verlowing, haar onderwyspos en die feit dat Derek Myburgh
haar reeds soos ’n ware skoonsuster behandel
| Author | Ettie Bierman |
|---|---|
| Publisher | Jasmyn |
| Place | Cape Town |
| Year | 2013 |
| ISBN | 9780624065708 |
| Binding | Paperback |
| Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


