Sê Ja vir die Lewe

R48.00
Out of stock
SKU
35488
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Daar is kwalik 'n vraag wat in die jongste tyd so brandend aktueel geword het as die vraag na die sin van die lewe. Daar is ook kwalik 'n wetenskaplike wat sy hele navorsing ор vraag gekonsentreer het en dan nog vanuit so 'n verskeidenheid van wetenskaplike dissiplines soos die Weense psigiater Viktor Frankl. Sy Logoterapie of soos sommige sy denkrigting noem, die derde Weense rigting, is geheel en al daarop ingestel om mense te help om die sin van die lewe te herontdek. Daarmee probeer Frankl nie die normale psigoterapie vervang nie, maar probeer hy om 'n terapie daar te stel vir dié wat aan die sinloosheid van sy lewe ly. Sê ja vir die lewe bied aan die leser 'n blik in die lewenswerk van dié gevierde sielkundige. Dis die eerste keer dat Frankl se verspreide publikasies oor die vraag na die sin van die lewe in een bundel saamgevat word. Dit handel oor die sin van die lewe in die seksuele lewe, in die deelname aan sport, in die mens wat met 'n onveranderlike lot gekonfronteer staan, in die beoefening van wetenskap, in die belewenis van godsdiens en vele ander lewensterreine. Die bundel bied nie alleen 'n hel- der analise van die probleem van sinloosheid nie, maar ook riglyne vir 'n herwinning van 'n sinvolle lewe in alle omstandighede. Die feit dat Frankl self die Duitse konsentrasiekampe by Dachau en Auschwitz deurgemaak het, maak sy lewensbeskouing soveel meer eg en geloofwaardiger.

*DJ torn and shelf rubbed; Cover bent; Name inscription on first page; Pen marks on a few pages; Note inscription on back page*
More view