Selling online since 2008!

Welcome to BooksAgain!

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika

BookBucks Review and collect 20 points.
Identifikasie van bome word algemeen as moeilik beskou, veral in 'n streek soos Suider-Afrika met 'n groot planteverskeidenheid waar sowat 2 100 boomspesies natuurlik voorkom, met nog 'n paar honderd meer wat uit ander dele van die wereld afkomstig is. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika - die eerste van sy soort vir die streek - verskaf die agtergrondkennis wat nodig is om bome te identifiseer. Die titel bevorder 'n benadering wat lesers sal toerus om enige veldgids tot bome met groter gemak en meer vertroue te gebruik. Volkleur
Sign up for price alert
Only 1 left

Availability: In stock

ZAR80.00

Details

Identifikasie van bome word algemeen as moeilik beskou, veral in 'n streek soos Suider-Afrika met 'n groot planteverskeidenheid waar sowat 2 100 boomspesies natuurlik voorkom, met nog 'n paar honderd meer wat uit ander dele van die wereld afkomstig is. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika - die eerste van sy soort vir die streek - verskaf die agtergrondkennis wat nodig is om bome te identifiseer.

Die titel bevorder 'n benadering wat lesers sal toerus om enige veldgids tot bome met groter gemak en meer vertroue te gebruik. Dit begin met basiese inligting oor plantvorm en ontsluit dan stelselmatig die bou van bome om 'n duidelike begrip oor te dra van waarna 'n mens moet kyk om 'n onbekende boom te identifiseer. Die titel is in twee dele verdeel: Deel een, goed toegelig met kleurillustrasies en foto's, beskryf die verskillende dele van 'n boom en hul rol by identifikasie.

Deel twee bevat 'n sleutel tot 43 boomgroepe gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Daar is gevind dat, as 'n eerste stap tot identifikasie, dit vir die leek nuttiger is om groepe te herken eerder as die formele plantkundige families wat dikwels gebruik word. Die gebruik van 'n simbool om die hoofkenmerke van elke groep uit te beeld, maak dit vir die beginner makliker om 'n begrip van die verskeidenheid bome te vorm. Behandelings van die groepe bied verklarende notas oor groepkenmerke en wenke oor identifikasie van spesies.

Volkleur.

Additional Info

Author Braam Van Wyk; Piet van Wyk
Publisher Struik
Place Cape Town
Year 2008
ISBN 9781770077300
Binding Paperback
Condition Very Good
Comments Full colour.

Write Your Own Review

Only registered users can write reviews. Please, log in or register

Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.