Meer as Oorwinnaars Deur die Krag van Gebed

R45.00
Out of stock
SKU
35926
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
JY KAN IN OORWINNING LEEF! As gelowiges verkeer ons elke dag in 'n stryd met die Bose. Die goeie nuus is dat Jesus reeds die stryd gewen het! Ons aandeel is om die vyand se strategie te herken en ontslae te raak van die vestings wat hy in ons lewens probeer oprig. Hierdie boek sal jou prakties toerus om vestings soos ongeloof, leuens, seksuele sonde, jaloesie en onvergewensgesindheid te oorkom. Vind uit: hoe hierdie geestelike oorlog daar uitsien; hoe die vyand waarmee ons te doen het, lyk; hoe ons sy vestings in ons lewe kan herken; hoe spesifieke vestings in ons lewe ontstaan en funksioneer, en hoe om elke dag in oorwinning te leef. Nina Smit beklemtoon die belangrikheid daarvan om God se wapenrusting aan te trek, die krag van gebed te besef en om jouself daagliks aan God te wy. Elke hoofstuk bevat Skrifgebaseerde gebede oor die onderwerp onder be- spreking. Daardeur kan jy jou 'gedagtes ruil vir God s'n', só jou denke ver- nuwe en waarlik as 'n oorwinnaar leef.
More view