Met Woorde soos met Kerse

R65.00
Out of stock
SKU
35286
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
'boesman-voorgevoelens' deur Dia!kwain - Een van vier en twintig /Xam-'gedigte' wat Antjie Krog as't ware uit die negentiende-eeuse dokumente van die Engelse taalkundige W.H. Bleek rekonstrueer het. /Xam is vandag 'n uitgestorwe San-dialek. Die ander nege Suid-Afrikaanse tale in wie se geselskap dit hier verskyn - Xhosa, Zulu, Ndebele, Swati, Venda, Tsonga, Noord-Sotho, Tswana en Suid-Sotho - is egter springlewend. Maa dit maak hul letterkundes helaas nie meer toeganklik vir anderstaliges nie. Dit is dié toedrag van sake wat Met woorde soos met kerse geïnspireer het. Vir die eerste keer kan Afrikaanssprekendes nou geniet van die ryke verskeidenheid wat hierdie tale se digters te bied het - en hulle daaroor verwonder. Ook oor die kulturele dampkring waaruit dié woordskeppings voortgekom het, want elke letterkunde en die meeste van die gedigte is van 'n buitendgewoon interessante nota voorsien. 'Wat rotsvas staan, is die gehalte van die gedigte wat as uitstaande beskou kan word. Dit oortref nie net enige iets wat deur 'n swart digter in Engels of Afrikaans geskryf is nie, maar sou ook kon tel onder van die aangrypendste werk wat nog uit die kontinent gekom het. Dit is 'n mondvol, maar as 'n mens die karige versamelings bekyk wat in die naam van Afrika aangebied word en eintlik maar net gedigte bevat wat in die koloniale tale verskyn het, dan weet jy dat 'n keuse soos hierdie maar net die oortjies van die seekoei is. *Cover scratched and torn near spine, but pages very good*
More view