'n Pot Vol Winter

R20.00
Out of stock
SKU
3858
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

As Elizabeth dié aand toe die fliek vol bespreek was , maar daarop aangedring het om huis toe te gaan, sou sy nie alles op die berg weggegooi het nie. Sou sy nou wou leef. Maar sy het nie. Dit is is die ryptyd dat Elizabeth agterkom haar pa en ma het mekaar nie meer lief nie. Dit is ook in dié tyd dat Kurt vir ´n paar dae huis toe kom van die grens af - Kurt wat al meer begin praat oor "liefde maak". Elizabeth wens hy wil uit haar lewe padgee - al het sy juis nou iemand nodig om mee te praat. Want sy weet wat hy sal sê: "Jiss, dis bad. Jiss, dis bad." dis al wat hy sal sê. En om die Here aan te roep, help nie. Vir haar en Talla het Hy vergeet. 'n Pot vol winter is geskryf vir jong volwassenes - die eerste in ´n nuwe reeks van HAUM-Literêr. Sonder skroom, maar met insig en verantwoordelikheid verwoord Maretha Maartens die ontsetting van ´n jong meisie se nood en bring só noodsaaklike vernuwing in die genre van die Afrikaanse jeugliteratuur. 89 pp.

More view

You have no items in your shopping cart