'n Kas is vir Klere

R70.00
Out of stock
SKU
2454
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

’n Kas is vir klere is ’n onverskrokke verhaal waarin Pieter Cilliers homself vierkant in die oë kyk. Hy verwoord die eensaamheid en frustrasie van ’n talentvolle, godvresende mens wat noodwendig buitestander word, die slagoffer van vrees en diskriminasie. Hy vertel van die moeilike proses van aanvaarding – veral van die self – vir ’n gay persoon in die Suid-Afrikaanse samelewing. As Christen neem hy veral die Kerk se rigiede en irrasionele hantering van homoseksualiteit onder die loep. ‘n Kas is vir klere is ’n baanbrekerswerk wat die debat oor gay-regte in die Kerk en in die gemeenskap gaan aanblaas, en wat vir baie mense die deure gaan oopmaak na ’n eerliker, meer sinvolle bestaan. Terselfdertyd is dit ’n ontroerende, menslike verhaal wat enduit boei en geen leser onaangeraak laat nie.

More view