Onwillig Verlief

R80.00
In stock
Only 1 left
SKU
B-0702
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Esmeralde: Net nadat Carmelita Fernandez aan ‘n dogtertjie geboorte gegee het, sterf sy, maar nie voordat sy haar man, Diego, versoek om die kindjie Esmeralde te noem nie. Diego het sy sigeunervrou hartstogtelik liefgehad en daarom stem hy in tot die sigeunernaam. Toe sy grootword, het Esmeralde dan ook al die vuur en eiesinnigheid waarvoor sigeuners bekend is – en haar oorlede moeder se donker, eksotiese skoonheid. Met haar agtiende verjaarsdag reël haar ouma ‘n groot bal, met die hoofdoel om Esmeralde aan hubare mans voor te stel. By die bal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike donker René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ‘n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ‘n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry. Seerower vir Shakira: In ‘n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan ‘n seerower verpand – Raoul Monserat, dodelik aantreklik, dodelik gevaarlik, kaptein van die seerowerskip die Swart pêrel. Monserat is legendaries, word gevrees en verafsku – hy’s wreed, meedoënloos, pleeg gruweldade, onteer vroue … Op die Swart pêrel word hulle teen haar sin in die eg verbind, en Shakira weet – een of ander tyd gaan dié onvoorspelbare, kil man sy huweliksregte opeis. Hy word vir haar ‘n raaisel, sy optrede strook nie altyd met sy reputasie nie. Sy weet hy gebruik haar net as ‘n skans in sy soektog na die skat, maar hoe langer sy Monserat ken hoe minder wíl sy haar teësit. Is hy werklik wie hy voorgee om te wees? Markies vir Melesinda: Dis die geheimsinnige Nagvalk met sy strelende mond en beskermende arms wat Melesinda se hart en gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vol lê. Maar met die markies Beamont du Brecy moet sy trou. Aan haar seerowerbloed dra sy swaar, maar dit stuit Beau du Brecy nie. En ter wille van die markiesin Du Brecy sal sy met die markies trou. Al behoort haar hart aan die Nagvalk. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer. Terwyl Beau oorheers word deur wraak ná sy suster se dood, raak Melesinda al hoe meer verward – is dit moontlik dat ‘n vrou terselfdertyd tot twee sulke uiteenlopende mans aangetrokke kan voel?
More Information
AuthorMarijke Greeff
PlacePretoria
Year2017
ISBN9780799386806
BindingPaperback
ConditionAs New
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.