Oor Krygers, Korrelkoppe En Konkelaars: Ongewone Verhale Uit Ons Verlede
Moenie verwag dat hierdie stories enigsins gaan wees soos die geskiedenis wat jy op skool of universiteit geleer het nie.
Max du Preez sit die mense, die karakters, terug in die geskiedenis. Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars bevat ’n keur van die verhale uit die uiters gewilde Of Warriors, Lovers and Prophets van 2004 en Of Tricksters, Tyrants and Turncoats van 2008. Heelwat van dié stories is verder nagevors en herskryf. Daar is ook drie splinternuwe verhale: die merkwaardige storie van die Franse Hugenoteseun wat skipbreuk gely en deur ’n Xhosahoofman as sy eie aangeneem is; die Engelse lady wat haar glanslewe in Londen vir ’n ossewa verruil en voor en tydens die Anglo-Boereoorlog in die ou Transvaal gesmous het; en die groep Duitse oorlogswesies wat in 1948 in Suid-Afrika aangekom en hier as Afrikaners diep spore getrap het.
Daar is stories van Khoikhoi wat as hofknape in die buiteland gebly het; ’n Duitser wat ’n Koranna-hoofman geword het; van die merkwaardige wysgeer Mohlomi, die “Boere-Tarzan” Coenraad de Buys; die bittere broedertwis tussen Christiaan en Piet de Wet; van generaal Koos de la Rey se merkwaardige vrou Nonnie; en van twee aspirant-sluipmoordenaars, Robey Leibbrandt en David Pratt. Só word die leser deur al die draaie en dramas van ons geskiedenis geneem – sonder om sondebokke te soek of enigiemand te laat skuldig voel. Max du Preez bewys wéér dat die geskiedenis interessanter – en meer pret – as fiksie kan wees.
*Page edges slightly yellowed.*Author | Max du Preez |
---|---|
Publisher | Zebra Press |
Place | Cape Town |
Year | 2010 |
ISBN | 9781770220867 |
Binding | Paperback |
Condition | Very Good |
Comments | Page edges slightly yellowed. |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.