Petronella van Aarde, Burgemeester
Op Kasselspoort weet almal al jare lank dat Zerk Raubenheimer burgemeester gaan word wanneer oom Neels Meyer die dag die stoel ontruim. Maar dan kap oom Neels om juis terwyl Zerk en sy vrou Freda op 'n lang reis in die buiteland is, en in die daaropvolgende verwarring word die weduwee Petronella van Aarde tot burgemeester verkies. En dan begin die poppe te dans! Want Petronella het geen benul van die proseduurlikheid nie en sy gee ook nie om wie sy in die werk steek om wat te doen nie. Al wat sy wil he, is dat dinge 'n slag reggevat moet word, dat daar 'n end moet kom aan die jarelange verwaarlosing van die dorp.
Nie lank nie of Kasselspoort begin 'n ander aanskyn aanneem. Selfs diegene wat aanvanklik teen Petronella gekant was, begin insien dat sy haar uitstekend van haar taak kwyt. Die een persoon wat halsstarrig weier om dit toe te gee, is Freda Raubenheimer. Want tussen die Raubenheimers en Petronella was dinge nog nooit weer heeltemal lekker nie nadat die jong Dennis Raubenheimer vir Petronella se dogter Talia voor die kansel gelos het vir 'n ander vrou.
Nou het Talia teruggekom om op Kasselspoort te kom skoolhou, en Dennis het ook teruggekeer om sy pa in sy prokureurspraktyk te kom bystaan. Sal dinge die keer anders uitwerk? Of sal die breuk nooit weer geheel kan word nie? En tussen al hierdie dinge deur, net om sake nog verder te kompliseer, is daar ou oom Joos Jakobs se wanhopige stryd om te keer dat sy dogter, die ambisieuse Freda, hom uitboender uit die huis waar hy nou al sy hele lewe woon, om van die plek Kasselspoort se eerste museum te maak.
Die verhaal van Kasselspoort en sy mense is 'n lekkerleesverhaal met iets vir elkeen - 'n bietjie liefde, heelwat humor en sommer baie stof tot nadenke.
| Author | Dalene Matthee |
|---|---|
| Publisher | Tafelberg |
| Place | Cape Town |
| Year | 2006 |
| ISBN | 9780624044390 |
| Binding | Paperback |
| Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


