Plaasmoord
Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie, maar dan word Freddie Swarts, 'n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor.
Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos. Maar daar's komplikasies. Een van hulle is Saar Swarts, die vermoorde Freddie se suster. Buiten skok en hartseer probeer Saar ook haar skuldgevoel jeens haar suster verwerk. In die proses kom sy af op Freddie se skilderye waarin sy haar eie moord in skokkende realiteit uitbeeld, en ontdek sy briewe van 'n regse politieke groep met doodsdreigemente teen Freddie.
Boonop begin sy vermoed dat Freddie se nuwe voorman nie is wie hy voorgee om te wees nie. Saar se grootste uitdaging raak nou om die res van die mense om haar te oortuig dat die moord op Freddie en haar kind nie 'n plaasmoord in die "gewone sin van die woord" was nie. En sy sweer sy sal nie rus voor sy nie die ware moordenaar/s opgespoor het nie. Beeslaar, daarenteen, se grootste stryd is teen homself: Hy's net nie meer die gatskop-polisieman van vroeer nieà Kort voor lank word hy en Saar ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbejaan, 'n veediefstal-sindikaat wat sangoma's inspan, 'n groep boere-vigilantes wat oorlog verklaar teen die geweld in die land.
En uiteindelik nog 'n moord...
| Author | Karin Brynard |
|---|---|
| Publisher | Human & Rosseau |
| Place | Cape Town |
| Year | 2009 |
| ISBN | 9780798151160 |
| Binding | Paperback |
| Condition | Good |
| Comments | Covered in clear, sticky plastic; page edges slightly yellowed. |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


