Bome & Struike Van Die Witwatersrand, Magaliesberg & Pilanesberg

R95.00
Out of stock
SKU
35201
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Suid-Afrika se flora word gekenmerk deur 'n rykdom en verskeidenheid wat moeilik oortref kan word. Hierdie boek bevat die kunstenares Joan van Gogh se illustrasies van die pragtige bome en struike van die Witwatersrand, Magaliesberg en Pilanesberg: moontlik die digs bevolkte en hoogs geïndus- trialiseerde gebied in die land, wat lank deur skrywers oor plantkunde verwaarloos is, maar wat verbasend ryk is aan inheemse bome.

Die 150 duidelike en akkurate skilderye in volkleur word aangevul deur beskrywings wat sorgvuldig tydens die afgelope vyftien jaar deur Joan van Gogh en die vooraanstaande botanis, dr John Anderson van die Botaniese Navorsingsinstituut in Pretoria, opgestel is. Die teks beskryf die kenmerkende eienskappe van die bas, blare, vrugte en blomme van elk van die 159 inheemse spesies wat in die gebied voorkom. Kaarte wat die verspreiding en habitat aandui, sketse van die groeiwyse, 'n aanduiding van die maksimum hoogte wat die plant bereik en ander interessante inligting word oor elke spesie verskaf. Bome & Struike van die Witwatersrand, Magaliesberg & Pilanesberg is nie net 'n belangrike kunswerk en akkurate en praktiese gids vir die botanis sowel as die leek nie, maar is ook 'n pleidooi vir die bewaring van die manjifieke boomlewe van hierdie streek

*Name inscription on first page*
More view

You have no items in your shopping cart