Snydokter
Snydokter is in die eerste plek ‘n spanningsroman deur een van ons land se bekendste skrywers, Leon van Nierop. Maar dis meer as ‘n roman. Dis ook die resultaat van ‘n sosialmediaveldtog waarmee LAPA uitgewers se reklameagentskap twee Pendorings gewen het. Die roman het onstaan as deel van Die hoofkarakter-veldtog in 2012. Die publiek is uitgenooi om raaisels te ontrafel na aanleiding van leidrade wat via sosiale media netwerke en ander media bekend gemaak is. Die doel was om ‘n hoofkarakter uit die werklike lewe vir die roman te kies. Maar die uiteinde was dat Leon van Nierop drie wenners uit die meer as 850 inskrywings gekies het- waarna een die hoofkarakter en twee die newekarakters is. Snydokter handel oor die geheimsinnige plastiese sjirurg dokter Renzo Hattingh wat sy praktyk verlaat en al sy vriende vaarwel toeroep nadat ‘n ontrimpelingsoperasie skeefloop. Die drie wenners, Monique Bisschoff, George Kellerman en Rozanne Kotzee, span nou elke stukkie vernuf in om die dokter op te spoor. In die proses smee hulle vriendskapbande en takel hulle hierdie raaisel met aansteeklike sin vir humor. En, belangrik, hulle gebruik die sosiale media daarvoor. Dit blyk dat daar meer agter Renzo Hattingh se verdwyning sit as om bloot te vlug na slegte publisiteit en die leser kom mettertyd agter hoe magtig die sosiale netwerke is. Die soektog neem die drie wenners deur Johannesburg se vermaakliksheidsbedryf, ryksmansbuurte en eindig in die platteland waar dit ‘n dramatiese en verrassende klimaks bereik.
*Pages slightly yellowed*| Author | Leon van Nierop |
|---|---|
| Publisher | Lapa |
| Place | Pretoria |
| Year | 2013 |
| ISBN | 9780799359275 |
| Binding | Paperback |
| Condition | Very Good |
| Comments | Pages slightly yellowed |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


