Toorbos is 'n bosromanse. Dit is die storie van 'n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit 'n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry. Karoliena Kapp is 'n alleenkind wie se moeder drie mans gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien deur 'n man, Johannes, 'n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bos-armoede losgewikkel het.
Nog voor sy twintig is, word Karoliena "afgetrou" met hom, en moet sy 'n dorpseggenote word nadat sy geskool is om haar plek in hierdie hierargie in te neem. Die wereld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar 'n mistieke ervaring moontlik – dit is die soort vervoering wat Karoliena soek – terwyl die dorpsbestaan aan 'n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy – en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar "iewers, iewers iets verskriklik verkeerd" is. Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir 'n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: "wie's-jy, wie's-jy".
Author | Dalene Matthee |
---|---|
Publisher | Tafelberg |
Place | Cape Town |
Year | 2003 |
ISBN | 9780624041221 |
Binding | Paperback |
Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.