Die Suid-Afrikaanse Krygsmag

R195.00
Out of stock
SKU
4323-1
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Hoewel die Suid-Afrikaanse verdedigingsmagte in die jongste tyd wêreldwyd die aandag van die media geniet en bekendheid verwerf het as die sterkste en doeltreffendste mag in Suider-Afrika, is daar nog betreklik min besonderhede omtrent sy operasies en organisasie bekend. Die Suid-Afrikaanse Krygsmag skets kortliks die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse verdedigingsmagte en gee 'n oorsig van hul rol in die twee Wêreldoorloë asook in Korea, en verduidelik hoe hierdie agtergrond bygedra het tot die ontwikkeling van 'n unieke weermag vandag. Die bewapening, organisasie en opleiding van die onderskeie magte word volledig beskryf en afdelings gewy aan elite-eenhede soos 1 Verkenningskommando en 44 Valskermbrigade, wat tot spesialiseenhede met 'n eiesoortige tegniek uitgebou is. Die veldtogte teen SWAPO-guerrillas in Suidwes-Afrika (Namibië) word onder die soeklig gestel en so ook die optredes in Angola, vanaf Suid-Afrika se aanvanklike betrokkenheid in 1975. Vanweë Suid-Afrika se politieke isolasie beskik die verdedigingsmagte oor 'n versameling uiteenlopende toerusting wat wissel van transportvliegtuie soos die veteraan-Dakota, tot uiters gevorderde pantservoertuie en artilleriewapens wat plaaslik ontwerp en vervaardig word. Die Krygstuigkorporasie van Suid-Afrika (Krygkor) het dit selfs verder gevoer en met intensiewe pogings begin om sy produk wêreldwyd te bemark. Onlangse ontwikkelings op militêre front is die verdrae wat Suid-Afrika met die Angolese en Mosambiekse regerings gesluit het en wat verreikende veranderinge in die veiligheidsklimaat van Suider-Afrika kan bring. Die Suid-Afrikaanse Krygsmag bied 'n ongeëwenaarde ontleding van die land se weermag, en Helmoed-Römer Heitman se gesaghebbende teks word aangevul deur uitgesoekte illustrasies, waarvan baie nog nooit voorheen gepubliseer is nie.
More view